metin

Cilt 160 sayfalar

0+

Binnekring van Spookasems

Stories oor die lewe
₺326,98
%10 indirim al
Bu kitabı önerin ve arkadaşınız kitabı satın aldığında ₺32,70 kazanın.

Kitap hakkında

Herman Lategan is – flaneur van Seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy – toeris in die demi-mond – landskap van vlees en bloed. Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy lê die mens en homself tot op die been bloot. Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die «skyn van voorstedelike rustigheid»die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak «gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend.»Hy het 'n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.Lesers van Rapport het lank gevra vir 'n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat wip. Hier ís hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar 'n tweede afdeling: poespas van sy sielvolle, melancholiese stories. Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootlas op die lewe, is elke vinjet 'n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos 'n literêre smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange.

Türler ve etiketler

Yorum gönderin

Giriş, kitabı değerlendirin ve yorum bırakın
Herman Lategan «Binnekring van Spookasems" kitabı - çevrimiçi ücretsiz kitap parçasını okuyun. Yorumlarınızı ve geri bildirimlerinizi gönderin, favorilerinize puan verin.
Yaş sınırı:
0+
Hacim:
160 s.
ISBN:
9781868426270
Yayıncı:
Telif hakkı:
Bookwire

Bu kitabı okuyanlar şunları da okudu