Kitabı oku: «‘n Soeke van Helde », sayfa 12
Die ongedierte, wat nog bloei, hyg swaar, en draai sy aandag terug na Thor. Dit gryns en verbreed sy slagtande soos dit hom nader kom.
Thor was uit opsies. Sy swaard weg was, en daar was niks tussen hom en die monster nie. Die monster duik af vir hom, en op die laaste sekonde, rol Thor uit die pad. Die monster tref die boom waar Thor was met soveel geweld dit ontwortel is.
Die ongedierte lig sy voet en bring dit af na Thor se kop. Thor rol weer uit die pad; die kreatuur los 'n voetspoor waar Thor se kop was.
Thor spring op sy voete, sit 'n klip in sy slinger en gooi.
Hy tref die monster vierkantig tussen die oë, 'n feller gooi as wat hy ooit gemaak het, en die kreatuur steier terug. Thor was seker hy het hom doodgemaak.
Maar tot sy verbasing, het die ongedierte nie opgehou nie.
Thor probeer sy bes om sy magte te roep, watse krag dit ookal was dat hy gehad het. Hy storm die ongedierte, spring vorentoe, met ‘n slag in dit vas, met die oog om dit teen die grond vas te pen met 'n bomenslike krag.
Maar tot Thor se skok, hierdie keer het sy krag nooit ingeskop nie. Hy was net nog 'n seun. ‘n Verswakte seun, langs hierdie massiewe ongedierte.
Die dier reik net af, gryp Thor aan sy middellyf, en hys hom hoog bokant sy kop. Thor, hulpeloos, hang hoog in die lug---en dan word hy gegooi. Hy vlieg soos 'n missiel oor die in oopte, en verpletter weer in 'n boom in.
Thor lê daar, verstom, sy kop is kloppend, sy ribbes in twee gekraak. Die ongedierte jaag vir hom, en hy het geweet dat die keer is dit klaarpraat met hom. Dit verhoog die rooi, gespierde voet voorbereid om dit af te bring reg op Thor se kop. Hy berei homself voor vir die dood.
Dan, vir een of ander rede, vries die ongedierte in die lug. Thor knip sy oë, hy probeer verstaan waarom.
Die ongedierte reik op en gryp sy keel, en Thor merk die kop van 'n pyl uitsteek.nie. ‘n Oomblik later, val die ongedierte vooroor, dood.
Erec kom aangehardloop, gevolg deur Reece en O'Connor. Thor sien Erec afkyk na hom en vra of hy reg was, en hy wou antwoord, meer as enigiets anders. Maar die woorde wil nie kom nie. ‘n Oomblik later, gaan sy oë toe, en dan world sy wêreld swart.
HOOFSTUK AGTIEN
Thor het sy oë stadig oopgemaak, duiselig vir ‘n wyle, probeer om uit te vind waar hy was. Hy lê op strooi, en vir 'n oomblik gewonder of hy terug in die kamp is. Hy stut hom op een elmboog, waaksaam, op soek na die ander.
Hy was iewers anders. Soos dit vir hom lyk, was hy in 'n baie opgesmukte klip kamer. Dit het gelyk asof hy in 'n kasteel was. ‘n Koninklike kasteel.
Voordat hy dit alles kon uitvind, swaai 'n groot, eike deur oop en Reece kom windmakerig ingestap. In die verte kon Thor die gedempte geluid van 'n skare hoor.
"Uiteindelik, hy leef," kondig Reece aan met 'n glimlag, as hy vorentoe storm en Thor se hand gryp en vinnig na sy voete trek.
Thor lig 'n hand na sy kop, probeer om sy verskriklike hoofpyn te vertraag van te vinnig opstaan.
"Kom, laat ons gaan, almal wag vir jou," het hy aangedring, plukkend aan Thor.
"Wag 'n minuut, asseblief," sê Thor en probeer om tot sy sinne te kom. "Waar is ek? Wat het gebeur?”
"Ons is terug in die Konings Hof----en jy is oppad om as die held van die dag gevier te word!” sê Reece vrolik, terwyl hulle oppad na die deur is.
"Held? Wat bedoel jy? En ... hoe het ek hier gekom?” vra hy, probeer om te onthou.
"Dit ongedierte het jou uitgeklop. Jy is al vir 'n geruime tyd uit. Ons moes jou terug oor die Aardtrog brug dra. Baie dramaties. Nie presies hoe ek verwag het jy sou terugkeer na die ander kant nie!” sê hy met 'n lag.
Hulle loop uit in die gange van die kasteel, en soos hulle gaan, kon Thor alle soorte mense sien---vroue, mans, edelmanne, wagte, ridders---kyk vir hom, asof hulle gewag het vir hom om wakker te word. Hy het ook iets nuuts in hul oë gesien, iets soos respek. Dit was die eerste keer dat hy dit gesien het. Tot nou toe het die meeste mense na hom gekyk met iets soos minagting---nou het hulle het na hom gekyk asof hy een van hulle was.
"Wat presies het gebeur?" Thor het sy brein geteister, probeer om te onthou.
"Onthou jy niks van dit nie?" vra Reece.
Thor probeer om te dink.
"Ek onthou ek het in die bos ingehardloop. Geveg met daardie ongedierte. En toe ... " Hy kon nie verder onthou nie.
"Jy het Elden se lewe gered," sê Reece. "Jy het vreesloos in die bos ingehardloop, op jou eie. Ek weet nie hoekom jy jou energie vermors om daardie wysneus se lewe te red nie. Maar jy het. Die Koning is baie, baie gelukkig met jou. Nie omdat hy omgee vir Elden nie. Maar hy gee baie om oor dapperheid. Hy is lief om te vier. Dit is vir hom belangrik, om stories soos hierdie te vier, ander te inspireer. En dit weerspieël goed op die Koning, en op die Legioen. Hy wil vier. Jy is hier omdat hy jou gaan beloon.”
"My beloon?" vra Thor,verstom. "Maar ek het niks gedoen nie!"
"Jy Elden se lewe gered."
"Ek het net gereageer. Ek het net gedoen wat natuurlik kom.”
"En dit is presies die rede waarom die Koning jou wil beloon.”
Thor voel skaam. Hy het nie gedink sy optrede verdien belonging nie. Buitendien, as dit nie vir Erec was nie, sou Thor nou dood wees. Thor dink daatoor, en sy hart vul met dankbaarheid vir Erec weereens. Hy het gehoop dat hy hom eendag sou kon terug betaal.
Maar wat van ons patrollie?" vra Thor. "Ons het dit nie klaar gemaak nie.”
Reece sit 'n bemoedigende hand op sy skouer.
"Vriend, jy 'n seun se lewe gered. ‘n Lid van die Legioen. Dit is belangriker as ons patrollie.” Lag Reece. "Soveel vir 'n rustig eerste patrollie!" Het hy bygevoeg.
Aan die einde van nog 'n gang, het twee wagte 'n deur oopgemaak vir hulle, en Thor knip en bevind homself in die koninklike kamer. Daar moes omtrent 'n honderd ridders oral in die kamer staan, met sy stygende katedraal plafonne, vlek-glas, en wapens en harnasse hang oral op die mure soos trofeë. Die Saal van Wapens. Dit was die plek waar al die grootste krygers ontmoet het, al die manne van die Silwer. Thor se hart jaag terwyl hy die mure bestudeer, al die bekende wapens, die wapens van heldhaftige en legendariese ridders. Thor het gerugte van hierdie plek sy hele lewe lank gehoor. Dit was sy droom om dit vir homself te sien een dag. Normaalweg was geen edelmanne hier toegelaat nie---niemand behalwe die Silwer.
Selfs meer verrassend, soos hy inkom, draai regte ridders om en kyk na hom---hom---van alle kante. En hulle het gesigte van bewondering. Thor het nog nooit so baie ridders in een kamer gesien nie, en het nog nooit so aanvaar gevoel nie. Dit was soos om in 'n droom in te loop. Veral omdat net oomblikke tevore, was hy vas aan die slaap.
Reece moes Thor se verstomde gesig opgemerk het.
"Die beste van die Silwer is hier versamel om jou te vereer."
Thor voel homself swel met trots en ongeloof. "My eer? Maar ek het niks gedoen nie.”
"Verkeerd," kom 'n stem.
Thor draai om en voel 'n swaar hand op sy skouer. Dit was Erec, glimlaggend.
"Jy het dapperheid en eer en moed getoon, meer as wat van jou verwag word. Jy het byna jou lewe gegee omeen van julle broers te red. Dit is waarvoor ons soek in die Legioen, en dit is waarvoor ons soek in die Silwer.”
"Jy het my lewe gered," sê Thor vir Erec. "As dit nie vir jou was nie, sou daardie ongedierte my doodgemaak het. Ek weet nie hoe om dankie te sê.”
Erec glimlag neer.
"Jy het reeds," het hy geantwoord. "Onthou jy nie die toernooi? Ek glo ons is gelyk.”
Thor marsjeer af in die paadjie na Koning MacGil se troon, aan die ander kant van die saal, Reece aan die een kant van hom en Erec aan die ander. Hy het honderde oë op hom gevoel, en dit alles voel soos 'n droom.
Rondom die Koning staan sy dosyne raadgewers, saam met sy oudste seun, Kendrick. Terwyl Thor nader, swel sy hart van trots. Hy kon skaars glo dat die Koning hom 'n gehoor toestaan nie weereens---en dat so baie belangrike manne hier was om dit te aanskou.
Hulle bereik die Konings troon. MacGil staan, en 'n gedempte stilte sak oor die vertrek. MacGil se swaar uitdrukking breek uit in 'n breë glimlag, en hy gee drie treë vorentoe en tot Thor se verbasing, gee hom 'n drukkie.
'’n Groot gejuig ruis op in die vertrek.
Hy trek terug, hou Thor stewig aan die skouers, en glimlag neer.
"Jy het die Legioen goed gedien,” sê hy.
‘n Dienaar oorhandig ‘n kelkie aan die Koning, wat hy omhoog. In 'n groot stem, roep hy uit:
"OP DAPPERHEID!"
"OP DAPPERHEID!" Kom die geskree terug va die honderde mense in die vertrek. ‘n Opgewonde murmureer volg, dan is die kamer weer stil.
"Ter ere van jou wedervaringe vandag," het die koning geskreeu, "Ek gee jou 'n groot geskenk."
Die Koning beduie, en 'n dienaar tree na vore, geklee in 'n lang, swart handskoen, waarop ‘n asembenewende valk sit. Dit draai om en staar reguit na Thor---asof hy hom geken het.
Dit het Thor se asem weggeslaan. Dit was die presiese valk van sy droom, met sy silwer liggaam en die enkele swart streep oor sy voorkop.
"Die valk is die simbool van ons koninkryk, en van ons koninklike familie," Dreun MacGil. "Dit is 'n roofvoël, van trots en eer. Tog is dit ook 'n voël van vaardigheid, van geslepenheid. Dit is lojaal, en kwaai en dit styg bo alle ander diere. Dit is ook 'n heilige wese. Daar word gesê dat hy wat 'n valk besit is ook in besit van een. Dit sal jou lei op al jou weë. Dit sal jou verlaat, maar dit sal altyd terug kom. En nou, is dit joune.”
Die valkenier tree na vore, plaas 'n swaar, maliekolder handskoen op Thor se hand en pols, dan plaas hy die voël op dit. Thor voel geëlektrifiseerd, om dit aan sy arm te hê. Hy kon skaars beweeg. Hy was geskok deur sy gewig; dit was 'n gesukkel net om stil te hou terwyl die voël vroetel op sy pols. Hy voel sy kloue grawe in, al is hy gelukkig net druk gevoel, want hy was beskerm deur die handskoen. Die voël draai, staar reguit na hom, en skree. Thor voel dit kyk in sy oë, en hy voel 'n mistieke verbintenis met die dier. Hy het net geweet dit sou met hom wees, al sy dae.
"En wat sal jy haar noem?" Vra die koning, in die dik stilte van die kamer.
Thor teister sy brein, wat te bevrore was om te werk.
Hy het probeer om vinnig te dink. Hy ontbied in sy gedagtes al die name van al die befaamde krygers van die koninkryk. Hy draai om en kyk na die mure, en sien 'n reeks van die plate met al die name van gevegte, al die plekke van die koninkryk. Sy oë rus op 'n spesifieke plek. Dit was 'n plek in die Sirkel waar hy nog nooit was nie, maar wat hy altyd gehoor het, was 'n mistieke, kragtige plek. Dit klink reg vir hom.
"Ek sal haar Estopheles noem," het Thor uitgeroep.
"Estopheles!" eggo die skare, en klink bly.
Die valk skree asof in reaksie.
Skielik klap Estopheles sy vlerke en vlieg hoog, al die pad tot by die toppunt van die katedraal plafon, en uit 'n oop venster. Thor kyk haar agterna.
"Moenie bekommerd wees nie," het die valkenier gesê, " sy sal altyd terugkeer na jou."
Thor draai om en kyk na die Koning. Hy het nog nooit 'n geskenk ontvang in sy lewe, veel minder een van hierdie statuur. Hy het skaars geweet wat om te sê, hoe om hom te bedank. Hy was oorstelp.
"My Heer," sê hy, sy kop verlaag. "Ek weet nie hoe om dankie te sê."
"Jy het reeds," sê MacGil.
Die skare juig, en die spanning in die kamer was gebreek. ‘n Begeesterde gesprek breek uit onder die mense, en so baie ridders nader Thor, hy het skaars geweet watter kant toe.
"Dit is Algod, van die Oostelike Provinsie," sê Reece en stel hom voor aan een.
"En dit is Kamera, van die Lae Moerasse .... En dit, Basikold, van die Noord-Forts .... “
Binnekort het die name vervaag. Thor was oorweldig. Hy kon skaars glo dat al hierdie ridders hom wou ontmoet. Hy het nog nooit so aanvaar of vereer gevoel enige tyd in sy lewe en hy het 'n gevoel dat 'n dag soos hierdie sou nooit weer kom. Dit was die eerste keer in sy lewe dat hy 'n gevoel van eiewaarde het.
En hy kan nie ophou aan Estopheles dink nie.
Soos Thor enige rigting draai, groet die mense wie se name verby vloei, name wat hy skaars kon verstaan; kom ‘n boodskapper oor, gly tussen die ridders deur. Hy het 'n klein rolletjie wat hy in Thor se palm druk.
Thor rol dit oop en lees die fyn, delikate handskrif:
Ontmoet my in die agterste binnehof. Agter die hek.
Thor kan 'n delikate geur ruik van uit die pienk rolletjie, en was verbaas toe hy probeer het om uit te vind van wie dit was. Dit dra geen handtekening.
Reece leun oor, lees dit oor sy skouer, en lag.
"Dit lyk my, my suster hou van jou," sê hy, glimlaggend. "Ek sal gaan as ek jy was. Sy haat dit om te wag. "
Thor voel homself bloos.
"Die agterste binnehof is deur die hekke. Haas. Sy is bekend om haar gedagtes vinnig te verander.” Reece glimlag as hy na hom kyk. "En ek wil jou graag in my familie hê.”
HOOFSTUK NEGENTIEN
Thor probeer Reece se aanwysings volg terwyl hy sy weg baan deur die stampvol kasteel, maar dit was nie maklik nie. Hierdie kasteel het te veel kinkels en draaie, te veel weggesteek agter deure, en te veel lang gange wat skynbaar net lei tot meer gange.
Hy hardloop deur Reece se aanwysings in sy kop as hy afgaan by nog klein stel stappe, draai by ‘n ander gang af, en kom uiteindelik tot stilstand voor 'n klein geboogte deur met 'n rooi handvatsel---die een waarvan Reece hom vertel het---en stoot dit oop.
Thor haas na buite en is getref deur die sterk lig van die somer dag; dit voel goed om in die buitelug te wees, uit daardie bedompige kasteel, asem vars lug, die son op sy gesig. Hy loer, sy oë pa aan in die helder lig, en neem die sig voor hom in. Voor hom uitgestrek is die koninklike tuine, strek so ver as die oog kan sien, heinings perfek afgewerk in verskillende vorms, die vorming van netjiese rye, roetes kronkel midde hulle. Daar was fonteine, ongewone bome, boorde ryp met die vroeë somer vrugte, en velde van blomme van elke grootte en vorm en kleur. Die sig slaan sy asem weg. Dit was soos om in ‘n skildery in te loop.
Thor kyk oral vir 'n teken van Gwendolyn, sy hart dreun. Dit agterste binnehof was leeg, en Thor veronderstel dit is waarskynlik voorbehou vir die koninklike familie, verreken van die publiek met sy hoë, klip tuin mure. En tog, kyk hy oral en kon haar nie vind nie.
Hy het gewonder of haar nota ‘n poets was. Dit was waarskynlik dit. Sy het waarskynlik net ‘n gek van hom gemaak, die land domkop, vermaak haarself op sy koste. Buitendien, hoe kan iemand van haar rang regtig enigsins in hom belang stel?
Thor kyk af lees weer haar nota, rol dit dan terug in skaamte. Hy is vir die gek gehou. Wat 'n dwaas was hy om sy wense so te laat rys. Dit maak hom seer diep.
Thor draai om beplan om terug te keer na die kasteel, kop omlaag. Net toe hy na die deur reik, lui ‘n stem uit.
"En waar gaan jy?" Kom die vrolike stem. Dit het geklink soos 'n voël se sang.
Thor wonder of hy verbeel. Hy spin om, soek, en daar was sy, sit in die skaduwee onder 'n kasteel muur. Sy glimlag terug, geklee in haar koninklike beste, lae wit satyn rok met pienk afwerking. Sy was selfs mooier as wat hy onthou.
Dit was sy. Gwendolyn. Die meisie waaroor Thor drome droom sedert hulle ontmoeting, met haar amandel, blou oë en lang aarbei hare, met haar glimlag wat sy hart aansteek. Sy het 'n groot wit-en-pienk hoed, beskerm haar teen die son, onder het haar oë geglinster. Vir 'n oomblik het hy gevoel om om te draai om seker te maak dat daar niemand ander agter hom staan nie.
"Um ..." Thor begin. "Ek ... um ... weet nie. Ek ... um ... sou binne gaan.”
Weereens, bevind hy homself verbouereerd om haar, vind dit moeilik om sy gedagtes in te samel en om hulle te verwoord.
Sy lag, en dit was die mooiste geluid wat hy nog ooit gehoor het.
"En hoekom sou jy doen dit?" Vra sy, speels. "Jy dan nou net opgedaag.”
Thor was verbouereerd. Sy tong geknoop.
"Ek ... um ... kon jou nie vind nie," sê hy, skaam.
Sy lag weer.
"Wel, ek is reg hier. Is jy nie van plan om my kom kry nie?”
Sy hou ‘n enkele hand uit; Thor haas na haar, buk af, en vat haar hand. Hy was geëlektrifiseerde deur die aanraking van haar vel, so glad en sag, haar tenger hand pas perfek binne syne. Sy kyk op na hom en laat haar hand talm 'n oomblik voor sy stadig opkom. Hy was lief vir die gevoel van haar vingers in sy palm en gehoop sy sou hulle nooit weg neem nie.
Sy onttrek haar hand, plaa haar arm in syne, sluit arms. Sy het begin loop, lei die pad af in die reeks kronkelende paaie. Hulle loop langs 'n klein geplaveide pad, en gou was hulle binne-in 'n doolhof van heinings, beskermd teen buite aansig.
Thor was senuweeagtig. Miskien kon hy, 'n gewone mens, in die moeilikheid beland, om so saam met die koning se dogter te loop. Hy voel 'n ligte sweet breek uit op sy voorkop, en het nie geweet of dit van die hitte of van haar aanraking was nie.
Hy was nie seker wat om te sê nie.
"Jy het ‘n opskudding veroorsaak hier, het jy nie?" sê sy met 'n glimlag. Hy was dankbaar dat sy die ongemaklike stilte verbreek.
Thor haal sy skouers op. "Ek is jammer. Ek het dit nie bedoel nie.”
Sy lag. "En hoekom sou jy dit nie bedoel nie? Is dit nie goed om ‘n opskudding te veroorsaak nie?”
Thor is stomgeslaan. Hy het skaars geweet hoe om te reageer. Dit het gelyk asof hy altyd die verkeerde ding sê.
"Hierdie plek is so saai en vervelig in elk geval,"sê sy. "Dit is lekker om 'n nuweling te hê. My pa lyk nogal of hy 'n sagte plekkie vir jou het. So ook my broer.”
"Um ... dankie," antwoord Thor.
Hy wou homself skop, sterf binne. Hy het geweet dat hy meer moes sê en hy wou. Hy het net nie geweet wat om te sê nie.
"Hou jy ..." begin hy, krap rond in sy brein vir die regte ding om te sê, "... van dit hier?"
Sy leun terug en lag.
"Hou ek daarvan hier?" Vra sy. "Maar ek sou so hoop. Ek woon hier!”
Sy lag weer en Thor voel homself rooi word. Hy voel dat hy regtig dinge knoei. Maar hy was nie rondom meisies grootgemaak nie, het nog nooit 'n vriendin in sy dorpie gehad nie, en het net nie geweet wat om vir haar te sê nie. Wat kon hy haar vra? Waar kom jy vandaan? Hy het reeds geweet het waarvan sy was. Hy het begin wonder waarom sy gepla is met hom; was dit net vir haar vermaak?
"Hoekom hou jy my?" vra hy.
Sy kyk terug na hom, en maak 'n snaakse geluid.
"Jy is 'n voorwaande seun," lag sy. "Wie sê ek hou van jou?" Vra sy met 'n groot glimlag. Dit is duidelik dat alles wat hy sê haar vermaak.
Thor voel nou asof hy homself in dieper moeilikheid inkry.
"Ek is jammer. Ek het nie bedoel om dit te sê nie. Ek het net gewonder. Ek bedoel ... um ... Ek weet jy hou nie van my nie.”
Sy lag harder.
"Jy is snaaks, ek moet dit sê. Ek neem aan jy het nog nooit 'n vriendin gehad het, het jy?”
Thor kyk af en skud sy kop, verneder.
"Ek aanvaar ook geen susters nie?" druk sy voort.
Thor skud sy kop.
"Ek het drie broers," het hy uitgeblaker. Uiteindelik, ten minste, het hy daarin geslaag om iets normaal te sê.
"Het jy?" Vra sy. "En waar is hulle? Terug in jou dorp?”
Thor skud sy kop. "Nee, hulle is hier, in die Legioen, saam met my."
"Wel, dit moet ‘n troos wees."
Thor skud sy kop.
"Nee. Hulle hou nie van my nie. Hulle wens ek was nie hier nie.”
Dit was die eerste keer wat haar glimlag sak.
"En waarom sou hulle nie van jou hou nie?" Vra sy, met afgryse vervul. "Jou eie broers?"
Thor haal sy skouers op. "Ek wens ek het geweet."
Hulle stap 'n rukkie verder in stilte. Hy was skielik bang dat hy hul gelukkige bui versuur.
"Maar moenie bekommerd wees nie, dit pla my nie. Dit was nog altyd so. In werklikheid, eintlik het ee goeie vriende hier ontmoet. Beter vriende as wat ek nog ooit gehad het.”
"My broer? Reece?” Vra sy.
Thor knik.
"Reece is 'n goeie een," sê sy. "Hy is my gunsteling in 'n paar maniere. Ek het vier broers, jy weet. Drie is eg, en die een is nie. Die oudste is my pa se seun van 'n ander vrou. My half-broer. Jy ken hom, Kendrick?”
Thor knik. "Ek skuld hom 'n groot skuld. Dit is te danke aan hom dat ek 'n plek in die Legioen het. Hy is 'n goeie mens. "
"Dit is waar. Hy is een van die beste in die koninkryk. Ek is lief vir hom so veel as 'n ware broer. En dan is daar Reece, wat ek net so lief het. Die ander twee ... wel .... Jy weet hoe families is. Nie almal kom oor die weg nie. Soms wonder ek hoe almal van ons van dieselfde mense af kom.”
Nou was Thor nuuskierig. Hy wou meer weet oor wie hulle was, haar verhouding met hulle, hoekom hulle nie na aan mekaar was nie. Hy wou haar vra, maar wou nie nuuskierig klink nie. En sy het nie gelyk asof sy daarop wou uitbrei nie. Sy was 'n gelukkige persoon, 'n persoon wat graag wou fokus op gelukkige dinge.
Toe hulle klaar is met die doolhof roete, maak die binnehof oop op 'n nuwe tuin, waar die gras is perfek afgewerk en ontwerp is in vorms. Dit was 'n reuse bord spel tipe, wat uitstrek ten minste vyftig voet in elke rigting, met die groot hout stukke, langer as Thor regdeur geplaas.
Gwen roep uit in vreugde.
"Sal jy speel?" vra sy.
"Wat is dit?" vra hy.
Sy draai om, haar oë wyd oop in verbasing.
"Jy het nog nooit Rakke gespeel nie?” vra sy.
Thor skud sy kop, skaam, voel meer soos 'n landelike rot as ooit.
"Dit is die beste spel!" roep sy uit.
Sy reik uit met albei hande en sleep hom tot op die veld. Sy huppel af met vreugde; Hy kon nie help, om self te glimlag nie. Meer as enigiets, meer as die veld, meer as hierdie pragtige plek, dit was die gevoel van haar hande op syne, wat hom geëlektrifiseer. Die gevoel om gehê te wees. Sy wou hê hy moes saam met haar gaan. Sy wou tyd spandeer saam met hom. Waarom sou enige iemand omgee vir hom? Veral iemand soos sy? Hy het nog steeds gevoel asof dit alles 'n droom was...
"Staan daar," sê sy. "Agter daardie stuk. Jy moet dit te skuif, en jy het net tien sekondes om dit te doen.”
"Wat bedoel jy skuif dit?" vra Thor.
"Kies 'n rigting, vinnig!" roep sy uit.
Thor tel die enorme houtblok op, verbaas oor sy gewig. Hy het dit 'n paar treë, en sit dit neer op 'n ander vierkant.
Sonder aarseling, stoot Gwen het haar eie stuk oor. Dit beland op Thor se stuk en klop dit teen die grond.
Sy roep in vreugde.
"Dit was 'n slegte skuif!" sê sy. "Jy was reg in my pad! Jy verloor!”
Thor kyk na die twee stukke op die grond, verbaas. Hy kon die spel glad nie verstaan nie.
Sy lag, neem sy arm terwyl sy voortgegaan om hom die roetes te lei af.
"Moenie bekommerd wees nie, ek sal jou leer," sê sy.
Sy hart skiet die hoogtes in met haar woorde. Sy gaan hom leer. Sy wou hom weer sien. Tyd spandeer saam met hom. Verbeel hy al hierdie dinge?
"So vertel my, wat dink jy van hierdie plek?" Vra sy, as sy hom in 'n ander reeks van doolhowe inlei. Hierdie een is versier met blomme agt voet hoog, bars met kleur, vreemde insekte beweeg oor hul punte.
"Dit is die mooiste plek wat ek nog ooit gesien het," antwoord Thor eerlik.
"En hoekom wil jy 'n lid van die Legioen wees?"
"Dit is al waaroor ek ooit gedroom het," antwoord hy.
"Maar hoekom?" vra sy. "Omdat jy my pa wou dien?"
Thor dink daaroor. Hy het nooit regtig gewonder hoekom---dit was altyd net daar.
"Ja," antwoord. "Ek wou. En die Sirkel.”
"Maar wat van die lewe?" Vra sy. "Wil JY nie 'n gesin te hê? Land? ‘n Vrou?”
Sy staan en kyk na hom; dit gooi hom. Hy is deurmekaar. Hy het nog nooit hierdie dinge voorheen oorweeg nie, en het skaars geweet hoe om te reageer. Haar oë vonkel terwyl sy kyk na hom.
"Um ... ek ... ek weet nie. Ek het nooit regtig gedink oor dit.”
"En wat sou jou ma sê?" vra sy, speels.
Thor se glimlag sak.
"Ek het nie 'n ma," sê hy.
Haar glimlag val weer.
"Wat het met haar gebeur?" Vra sy.
Thor was reg om haar te beantwoord, haar alles te vertel. Dit sal die eerste keer in sy lewe dat hy ooit oor haar gepraat het met enigiemand. En die mal ding was, hy wou. Hy wou, desperaat, oop maak vir haar, hierdie vreemdeling, en haar alles laat weet oor sy diepste gevoelens.
Maar as hy sy mond oop maak om te praat, is daar skielik 'n harde stem uit die bloute.
"Gwendolyn!" Gil die stem.
Hulle spin albei om, om haar moeder, die koningin, geklee in haar beste, vergesel deur haar slavinne te sien, marsjeer reg vir haar dogter. Haar gesig was woedend.
Die Koningin loop tot by Gwen, gryp haar rofweg aan die arm en ruk haar weg.
"Jy gaan nou terug binne. Wat het ek jou gesê? Ek wil nie hê jy ooit weer met hom praat nie. Het jy my verstaan?”
Gwen se gesig word bloedrooi, dan verander dit met woede en trots.
"Kom van my af!" skree sy vir haar ma. Maar dit was van geen nut; haar moeder sleep haar weg, en haar slavinne omring haar ook.
"Ek het gesê bly van my af!" Gwen gil. Sy kyk terug na Thor met 'n desperate, hartseer kyk, een van pleit.
Thor verstaan die gevoel. Dit was een wat hy self gevoel het. Hy wou uit te roep na haar, en voel sy hart breek as hy kyk hoe sy weggesleep word. Dit was soos om te sien hoe 'n toekomstige lewe van hom weg geneem word, reg voor sy oë.
Hy staan daar lank nadat sy uit die oog verdwyn het, starend, gewortel in plek, uitasem. Hy wou nie gaan nie, wou nie al hierdie dinge vergeet nie.
Die meeste van alles, wou hy homself nie indink dat hy haar dalk nooit weer sou sien nie.
*
Terwyl Thor terug drentel na die kasteel, nog steierend van sy ontmoeting met Gwen, was hy skaars bewus van sy omgewing. Sy gedagtes was verteer deur gedagtes van haar; Hy kon nie ophou om haar gesig te sien nie. Sy was pragtig. Die mooiste en vriendelik en soet en sag en liefdevol en snaakste persoon wat hy ooit ontmoet het. Hy moes haar weer sien. Hy het eintlik ‘n gevoel van angs by die afwesigheid van haar teenwoordigheid. Hy kon nie sy gevoelens verstaan vir haar, en dit hom bang. Hy het haar skaars geken, tog het hy reeds geweet het dat hy nie sonder haar kon wees nie.
Terselfdertyd, dink hy terug aan die Koningin wat haar wegsleep, en sy maag sink om te dink aan die kragtige magte wat tussen hulle staan. Magte wat nie wil hê dat hulle saam mag wees, vir een of ander rede.
Terwyl hy probeer om dit te verstaan, voel hy skielik 'n stywe hand op sy bors, stop hom hard in sy spore.
Hy kyk op en sien 'n seun, miskien 'n paar jaar ouer as hy, lank en maer, geklee in die duurste klere wat hy nog ooit gesien het---in koninklike pers en groen en bloedrooi satyn, met 'n uitgebreide geveerde hoed---grynsende af na hom. Die seun lyk fyn, bederf, asof hy in die skoot van 'n luukse groot gemaak was, met versagte hande en hoë boog wenkbroue wat afkyk in minagting.
"Hulle noem my Alton," begin die seun. "Ek is die seun van die Heer Alton, eerste neef van die Koning. Ons is meesters van die koninkryk vir sewe eeue. Watter my reg gee om ‘n Hertog te wees. Jy, daarenteen, is 'n gewone mens, " sê hy en spoeg die woord bykans uit. "Die koninklike hof is vir koninklikes. En vir mans van rang. Nie vir jou soort nie.”
Thor staan daar, met geen idee wie hierdie seun was of wat hy gedoen het om hom te ontstel nie.
"Wat wil jy van my hê?" vra Thor.
Alton giggel.
"Natuurlik, sal jy nie weet nie. Jy weet waarskynlik niks nie, doen jy? Hoe durf jy hier in vaar en voorgee om een van ons te wees! "spoeg hy.
"Ek gee niks voor nie," sê Thor.
"Wel, ek gee nie om oor watter golf jou hier ingespoel het nie. Ek wil jou net waarsku, voordat jy meer fantasieë in jou kop kry, dat Gwendolyn is myne.”
Thor staar terug, geskok. Syne? Hy het skaars geweet wat om te sê.
"Ons huwelik is gereël sedert geboorte,"sit Alton voort. "Ons is van dieselfde ouderdom, en van dieselfde rang. Planne is reeds in beweging. Moet jy nie durf dink, selfs vir n oomblik, dat dit anders sal wees nie.”
Thor het gevoel asof die wind uit hom geslaan was; Hy het nie eens die krag om te reageer nie.
Alton gee 'n stap nader en staar af.
"Jy sien," sê hy in 'n sagte stem, "Ek laat Gwen haar flirtasies toe. Sy het baie. Elke af en toe sal sy jammerte toon vir ‘n gewone, of dalk 'n dienaar. Sy sal hulle in staat stel om haar te vermaak, haar vermaking te wees. Jy kon dalk tot die gevolgtrekking gekom het dat dit is iets meer is. Maar dit is al wat dit is vir Gwen. Jy is net 'n ander kennis, 'n ander vermaak. Sy versamel hulle, soos poppe. Dit beteken nie iets vir haar nie. Sy is opgewonde oor die nuutste gewone, en na 'n dag of twee, raak sy verveeld. Sy sal jou vinnig los. Jy is niks vir haar nie, regtig. En teen die jaar se einde sal ek en sy in die eg tree. Vir ewig.”
Alton se oë rek wyd oop, wys die gloed van sy vasberadenheid.
Thor voel sy hart breek oor sy woorde. Was dit alles waar? Hy was regtig niks vir Gwen nie? Nou is hy verward; Hy het skaars geweet wat om te glo nie. Sy het so opreg voorgekom. Maar miskien het Thor net tot die verkeerde gevolgtrekking gespring?
"Jy lieg," sê Thor uiteindelik terug.
Alton smaal en lig dan 'n enkele, bederfde vinger en druk dit in Thor se bors.
"As ek jou weer naby haar sien, sal ek my gesag gebruik om die koninklike wagte te roep. Hulle sal jou in gevangenis neem! "
"Op watter grond?!" vra Thor.
"Ek het geen gronde nodig nie. Ek het rang hier. Ek sal een opmaak, en dit is vir my wat hulle sal glo. Teen die tyd dat ek jou klaar belaster het, sal die helfte van die koninkryk glo jy is 'n misdadiger. "
Alton glimlag, self-tevrede; Thor voel siek.
"Jy kom eer tekort," sê Thor, onbegrypend dat enigiemand kon optree met sulke onsedelikheid.
Alton lag, 'n hoë klank.
"Ek het dit nog nooit gehad om mee te begin nie," sê hy. "Eer is vir die dwase. Ek het wat ek wil hê. Jy kan jou eer hou. En ek sal Gwendolyn hou.”